Kom koop en verkoop, ruil en verruil op hierdie blad.
Advertensies is tans gratis vir lede om op 'n persoonlike item of twee te versoek of te koop aan te bied. Dit mag na gelang van toenemende aktiwiteit verander.
Om u advertensies vir gratis te plaas vir 30 dae kan u dit faks na 086 6717 826 of e-pos na hansie@transletaba.co.za
Die beleid vir besighede om goedere te adverteer is tans R200/week. Sodra die gelde inbetaal is by Uitvoerend en die magtiging deur my ontvang is plaas ek die advertensie vir die spesifieke week verlang.
Advertensie uitlegte word deur ons stelsel beperk en u moet eerder ons kontak om u van die formaat te vergewis sodat daar nie onduidelikheid oor die diens is nie.
LEKKER KOOP!
Andre le Grange is op soek na 'n mini Ruger ranch rifle
Wil jy ontslae raak van jou vuurwapen, kontak my by hansie@transletaba.co.za alvorens jy dit finaal wil tot niet maak en kyk of die BJV jou kan help om 'n geskikte eienaar te soek.
Stephan Coetsee verwerk wildskarkasse teen R10.00/kg. Die kostes vir vet, derms, speserye is ekstra.