Nog 'n nuwe boek!

 My nuwe boek, "Kampvuurstories raak nooit op nie"(186 Bladsye) is tans by die drukkers.

Soos in my vorige boeke oor jag en die ver plekke, is die stories in hierdie bundel ook almal ware stories wat ek of van my jagmaats om kampvure vertel het. Die meeste stories gaan oor jag of ander avonture. Maar daar is ook stories oor jag-verwante dinge soos jagkampe en kosmaak om die kampvuur, wat ook mos maar deel is van die hele jagervaring, net soos die alleenwees in die bos en die doodskiet van 'n bok.   

Die pragtige storie van "Oom Johnnie en die vark" deur Johnnie Rech is, met sy toestemming, ook in hierdie boek ingevoeg - met groot dank aan hom.

Abel Botha Januarie 2018

 Die boek (en al my vorige boeke) is by die volgende plekke beskikbaar:

Suid Afrikaanse lesers:Bestel die boek direk by my by mwabelb@mweb.co.za

@ R120 per boek (BTW Ingesluit) + R 40 koerierkoste (vir 1 tot 6 boeke) na enige plek in Suid Afrika 

Ook beskikbaar by Kakkerlak boeke by https://kakkerlak.co.za/

 Oorsese lesers: Bestel die boek vanaf jou naaste Amazon.com tak in sagteband formaat of elektroniese (Kindle) formaat. Tik net Abel Botha books in die Soek blokkie

 Lesers in Tzaneen omgewing: Kry die boek direk by my by tel 082-773 1488 of by PNA Tzaneen (In die Lifestyle sentrum langs Van Heerden Apteek)

Dit sal later ook beskikbaar wees by nuwe Letaba tak sekretaresse (071-871 4710) by die BJV kantoor op die skietbaan.

Lesers in Namibië: Bestel die boek by Estelle Blaauw by estelleblaauw@gmail.com @ N$120 plus posgeld