BJV is ook 'n wildbewarings- vereniging. Dit beteken dat elke lid 'n intense liefde vir die natuur koester en die belange van wild en natuur op die hart dra. Ons glo in die leuse : "Bewaring deur benutting" en ons glo dat die jagter 'n belangrike rol gespeel het in die suksesverhaal van die fenomenale groei van wildgetalle in Suid Afrika. In kort : Omdat jagters bereid is om te spandeer op jag, is dit vir grondeienaars die moeite werd om met wild te boer en dit is die groot rede waarom daar daagliks meer veeplase in Suid Afrika in wildsplase omskep word en waarom alle wild en ook roofdiere so geweldig vermeerder het in ons land.

Op hierdie bladsy be-oog ons om interressanthede oor wild- en natuurbewaring te plaas en sal poog om nuwe verwikkelings hier weer te gee.