Bosveld Jagters moes, na geografies verspreide lede uitbreiding sedert 1969, lede groepeer en dit het gelei tot takke se ontstaan.
Weens die groeiende behoefte van individue wat georganiseerd wil groepeer is besluit om die "Aanlyn Tak" te stig en vuurwapen geesdriftiges die geleentheid te gee om afsonderlik aan te sluit en die voordele van SAPS geakkrediteerde lidmaatskap te geniet met uitgebreide voordele ook an Toegewyde Jag en Sportskiet kwalifikasies en statusse.
Waar lede in 'n bepaalde geografiese wil groepeer in takke van 150 lede plus, bied bosveld Jagters 'n platform, ondersteun deur 'n bewese lede en aktiwiteit bestuurstelsel, om dit naatloos te doen. (Kontak die Uitvoerende Voorsitter gerus indien u sodanige behoefte het - Sien Uitvoerende Bestuursbesonderhede vir kontak detail))
Uitvoerend is derhalwe die Bestuursentum van Bosveld Jagters en huisves alle Aanlyn lede onder die E-Lid kategorie wat tans nie in hul onmiddelike omgewing beskik oor die nodige takstruktuur en/of skietbane en ander fasiliteite om hul passie vir die natuur, Jag en sportskiet uit te oefen nie.
Veskeie SAPD gerakrediteerde dissiplines word op verskeie geleenthede tussen die takke geskiet.
Die verskeie takke se individuele lede word hier gelys per tak onder die afdeling TAKKE of gesamentlik onder die Uitvoerende Bestuurs ererol
Hierdie lede word intern in hul takke vereer vir buiten gewone diens