Die staatskoerant no 32701 is op 10 November 2009 geteken met reels rondom die vergoeding van vuurwapens wat ingehandig word vir vernietiging by die SAPD.

Aansoekvorms vir die vergoeding op vuurwapens wat ingehandig word is beskikbaar by u plaaslike SAPD vuurwapenlisensie kantoor en moet voor 10 Desember 2009 afgehaal en verwerk word

Vuurwapens vrywillig ingehandig tussen 31 Junie 2004 en 1 Julie 2009 kan nie vergoeding eis nie.

Sien die staatskoerant afskrif met no 32701 onder aan hierdie bladsy om te bepaal wie vir wat kwalifiseer.

Die BJV het reeds objeksie aangeteken teen die besluit.