Bosveld Jagters- en Wildbewaringvereniging
BJV
Forgot Your Password?
Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging
Vergadering
.
Belynings Taakspan Administratiewe Vergadering
.
UITVOEREND
DueDate 2025-11-13
 

•    Tak self-ouditte

-    Sal more stuur en versoek dat dit teen 20 November 2025 ingedien word

-    Ouditte sal aan die Belyningstaakspan gestuur word soos dit beskikbaar word vir insae ter voorbereiding van die virtuele takgesprekke.

-    Virtuele “Takbesoeke” word dan vanaf 21 November 2025 gedoen waar die hele Belyningstaakspan, of wie ookal beskikbaar daardie aand is, insit.

-    2 takke in 2 sessies per aand: 18:00 tot 19:30 en 19:45 tot 21:15

-    Takke kan self kies watter sessies hulle wil hê, “First come first served”

-    Die hoofdoel om sterk en swak punte te identifiseer ten einde hulp te verleen aan die takke waar kapasiteit ontbreek.

•    Uitvoerende bestuursversoek

Graag wil ek voorstel dat die volgende versoek aan takke en portefeuljehoofde gestuur word na aanleiding van die dringende hoë spoed en vlak besluite wat geneem moet word die volgende 2 - 11,5 maande:

-    Tak Dagbesture, wat die Uitvoerende Bestuur saamstel, hulself beskikbaar stel vir die Bosberaad en komende Uitvoerende vergaderings met die oog op intensiewe deelname en gereelde bywoning en so ook Uitvoerende Portefeuljehoofde.

-    Indien daar Tak dagbestuurslede of portefeuljehoofde is wat nie hul rol as deel van die uitvoerende bestuur kan vervul, weens watter rede ookal, daar deur die takke lede toegewys word wat kan deelvorm van die belyningsaksie namens die lede genoem in die vorige punt om kontinieuteit te bewerkstellig

-    Lede hulself bereid verklaar tot geskeduleerde deelname roosters van samewerking om die belangrike taak sistematies te voltooi.

•    Spesiale AJV belê word vir Saterdag 17 Januarie 2026 te Polokwane, soos bepaal deur die Grondwet teen 09:00 om (Virtuele vergadering bywoing is reeds goedgekeur as geldend so indien ek en ‘n paar van ons daar bymekaarkom kan ons nie net die AJV Vergaderplek wysig nie maar die res virtueel inskakel):

-    Basiese Grondwet

-    Lede dissiplinere kode

-    Betaalde amptenare dissiplinêre kode

-    Honoris Signum

-    Ander belangrike aspekte soos Beleid Lidmaatskap ensomeer


 

Facilitator Hansie Botha
Location Virtueel
ActivityID 7544
Bosveld Jagters Posbus 1771, Polokwane,0700 Tel nr: 087 164 5600
executive@bushveldhunters.co.za
Bosveld Jagters Posbus 1771, Polokwane,0700 Tel nr: 087 164 5600
executive@bushveldhunters.co.za
BJV