Dit is elke jagter se plig om die jagwette van veral sy provinsie te ken en te weet wat mag en mag ek nie doen nie - watter wildsoorte of wilde diere mag onder watter omstandighede gejag word en wanneer moet ek permitte bekom en wanneer nie. In die onderstaande PDF leêr is 'n samevatting van die jagwette van die Limpopo provinsie, met dank aan Johan van Wyk van Blouberg Natuurreservaat wat dit vir ons saamgestel het. Sien ook die voorgestelde wysigingswetsontwerp oor Natuurbewaring op die CHASA webwerf by http://www.chasa.co.za/huntinglegis.htm NUUT! Laai asseblief die PDF leêr af oor nuwe bedreigde spesies en bestudeer dit : let veral daarop dat die swartwildebees, rietbok en Sharpe's grysbok (tropiese grysbok) nou ook op die bedreigde spesie lys is en jy daarom nou spesiale permitte benodig om hierdie spesies te jag.