Die Magaliesberg tak is gestig op 11 September 2003.

Die aanvanklike rede vir die stig van die tak was om bestaande BJV lede wat na Gauteng verhuis het, te diens.

Die tak het sederdien `n tak in eie reg geword wat bestendig groei.

Die tak bied jaarliks `n vol program aan wat onder meer insluit junior opleiding, senior opleiding, skietdae en sosiale funksies. Ons beywer ons om die hele gesin te betrek en daarom sluit ons handwapenskiet, boogskiet, kleiduif en jaggeweer in by ons skietdae.

Die takbestuur se doelwit is "Om `n diens aan ons lede en potensiele lede te bied op so wyse dat hulle ons verkies bo soortgelyke verenigings tot voordeel van die tak en elke lid".

Die Magaliesberg tak van die BJV bied dus `n uitstekende alternatief aan die publiek. Ons moedig lede aan om aktief betrokke te wees by aktiwiteite en sodoende deel te word van `n positiewe groep jagtersfamilie wat mekaar se geselskap waardeer, mekaar se tekortkominge aanvul en waar goeie sportmangees hoogty vier.