Kontak Persoon: Johan Nöthling - 078 521 3748 

Die rooibok is seker die spesie wat die algemeenste deur lede van die Bosveldjagtersvereniging gejag word. In 'n poging om 'n bewaringsprojek te identifiseer wat direk afgespits is op die jagbedrywighede van die vereniging het Johan Nöthling voorgestel dat die tak die sinvolheid oorweeg van 'n studie wat daarop gemik is om die DNA samestelling van rooibokke op wildplase van verskillende aard te bepaal, ten einde te bepaal watter mate van genetiese diversiteit daar onder rooibokke in Suid‑Afrika bestaan, tot watter mate inteling voorkom en, later, watter faktore inteling beïnvloed en watter bestuursmaatreëls nodig mag wees om inteling te bekamp. Die tak is van mening dat dit 'n sinvolle projek is en die projek is tans in die beplanningsfase, wat insluit dat 'n navorsingsprotokol saamgestel word en dat 'n poging aangewend sal word om fondse vir die projek te bekom. Indien die projek suksesvol is, en indien voldoende fondse bekom kan word, sal die sinvolheid oorweeg word om die projek uit te brei na ander spesies wat dikwels deur ons lede gejag word.