Senior kursusse word aangebied by jou tak om jou, as lid, te help om jou kennis oor jag en die natuur uit te brei. Die CHASA toets word na afloop van die kursus geskryf. Dit is �n drie-uur vraestel en daar is �n praktiese gedeelte waar van jou verwag om word om verskillende stelle horings te meet. Daar is ook foto�s van verskillende dier-, vo�l- en reptielsoorte wat uitgeken moet word. Jy moet 70% in hierdie vraestel behaal om te slaag. Daar word lesings aangebied oor die volgende onderwerpe : Kamphigi�ne en noodhulp, Skootplasing & vitale organe, Jagmetodes & hulpmiddels, Die verhouding tussen jagter & grondeienaar, Spoorsny, Wapenveiligheid & versorging, Ballistieke, Skyfskiet, Diere-identifikasie, Trofeeslag, Trofeemeting, Karkasverwerking, Natuurbewaring & wetstoepassing, Habitatstudie en Jagetiek. Bogenoemde kursus behels die teoretiese gedeelte van die kursus � jy moet ook die praktiese CHASA toets op die skietbaan slaag. Dit bestaan uit 9 skote op �n lewensgrootte rooibokteiken � skiet na die vitale organe en jy slaag indien jy 60% of 27 uit 45 in hierdie toets behaal. Die nege skote word vanuit die volgende skiethoudings en afstande geskiet : 3 skote vanaf 100 m oor �n tweepootstok (sit, staan of kniel); 3 skote vanaf 50 m staan uit die vuis uit en 3 skote l�houding vanaf 200 m � die voorste gedeelte van die geweer mag op sandsakke rus. Enige kaliber geweer mag gebruik word, maar ons wil lede aanraai om hierdie oefening liefs met hulle jaggewere te skiet van 6 mm / .243 of groter, omdat dit nie wenslik is om met �n kleiner kaliber te jag nie. Wanneer bogenoemde teorie en prakties geslaag is, kan jy dan aansoek begin doen vir jou Toegewyde Jagter status. Skakel asseblief die Ondervoorsitter van die tak die naaste aan jou vir re�lings en datums.