Bosveld Jagters en Wildbewaring vereniging
BJV
Forgot Your Password?
Bosveld Jagters en Wildbewarings Vereniging
Aktiwiteite
 

Is dit tyd om jou wapenlisensies te hernu, moet jy jou bevoegdheidssertifikate kry of wil jy 'n nuwe wapen aanskaf?

Vier dae van lekker leer vir ons Junior vennote. Bring u belangstellende Junior (Graad 6 tot Graad 9) en laat hul die ditjies en datjies van jag, slag, meet en nog vele meer kom leer. Ons Instrukteurs is slaggereed om hul ervaring en kennis te deel met die volgende generasie wat ons natuur moet bestuur en bewaar.

Tydens die Junior 2 kursus word al die teorie wat in die Junior 1 kursus deurgeswoeg is, prakties in die veld toegepas. Dis op hierdie kursus waar daar gekyk word of die junior goed opgelet het na die teorie! Nou gaan elke kind, onder leiding van 'n ervare instrukteur, veld toe om sy/haar eerste rooibok te gaan skiet!

Instrukteurskursus Is jy ‘n ervare jagter?

Daar word van tyd tot tyd Baanoffisierskursusse by Letaba tak aangebied. Hierdie kursusse word nie op die Jaarprogramme aangetoon nie, aangesien dit plaasvind wanneer die behoefte daarvoor ontstaan.

Spoorsnykursusse word van tyd tot tyd in Letaba tak aangebied soos daar aanvraag daarvoor is. Skakel asseblief vir  Carel Buitendag by 082-551 8114 indien jy belangstel in so 'n kursus

Ons klubhuis huisves nie net ons ledevergaderings nie maar ondergaan ‘n metamorfose na ‘n miernes op aktiwiteitsdae. Ma, kinders, oupa en ouma kuier saam met pa op hierdie lekker geleenthede. Tussen die braai en kuier gebeur daar baie.

Die Voorseisoen skietdag is die hoof skietdag van Letaba tak en ook die dag waar ons skietkampioene vir die jaar gekies word op grond van hulle prestasie vir die dag.

Letaba tak hou op 12-13 Oktober 2018 hul jaarlikse groepering skietdag

Daar word gewoonlik die eerste Donderdagaand van elke maand (bevestig op Jaarprogram) ledevergadering gehou by die BJV klubhuis op die skietbaan. Tyd 18h00 vir 18h30. Kom lewer jou insette of kom kuier net lekker saam met mense wat in dieselfde belangstellings deel as jy. Hierdie is die plek en die geleentheid waar die hartklop van BJV Letaba tak gemonitor word.

Die 21ste Algemene Jaarvergadering van Letaba tak vind einde 2014 plaas. Hou die kalender dop vir die datum.

Letaba Tak is trots om die Letaba Sport Skiet Klub op die skietbaan te huisves.

FilmStripImg
FilmStripImg
FilmStripImg
FilmStripImg
FilmStripImg
Bosveld Jagters Posbus 1771, Polokwane,0700 Tel nr: 015 2913820 Fax: 0862675365
executive@bushveldhunters.co.za
Bosveld Jagters Posbus 1771, Polokwane,0700 Tel nr: 015 2913820 Fax: 0862675365
executive@bushveldhunters.co.za
BJV